Studente & "Young Adults"

Ons nooi jou uit om deel te word van 'n beweging waar jou lewe, talente en geloof ’n bydrae maak tot ’n gesonder stad. Ondek opregte geloof in die Here. Groei in liefde vir mense. Leef ’n lewe wat tel.

Die "Young Adults" is 'n plek waar jy jou energie, idees, kreatiwiteit en passie met mense kan deel.  Ons bestaan uit enkellopendes (student of jongwerkendes) en getroude paartjies (sonder kinders) tussen die ouderom van 20 en 35.

Raak betrokke deur ons Feesdienste op Sondae by te woon of deur weekliks deel te wees van 'n kleingroep waar ons om die Woord gesels, die Here aanbid en ook net lekker saam kuier.

Daar is verskei geleenthede deur die loop van die jaar waar ons as groter Young Adults groep bymekaar kom, van piekniek tot worship geleenthede.

Selgroep Woensdae om 19:00.

Navrae: Luwellen Wenaar by 041 360 8941