God

Dit beteken dat ek my lewe volkome aan Hom oorgee. Dit is die verhaal van die Evangelie (Goeie Nuus) van God se Koninkryk. Dat ons gesterf het saam met Christus; dat ons begrawe is saam met Christus; dat ons opgestaan het saam met Christus; en dat ons nou regeer saam met Christus.

Dit beteken dat ek sal moet ontdek wat die volgende is:

  • My ware God-gegewe identiteit – Genesis 1:26 verklaar dat elkeen van ons in Sy beeld en Sy gelykenis geskape is.
  • God se oorspronklike bedoeling vir ‘n intieme verhouding tussen my en Hom.
  • 'n Lewenstyl van integriteit; omdat ek deur God se genade vrygespreek is van enige skuld en skande.