Generasies

Behalwe vir ‘n passie vir God, het ons ook ‘n passie vir mense. Ons streef daarna om elke persoon wat deel is van ons kampus ten volle te ondersteun in elke fasset van hul lewens.  Diensbaarheid is vir ons belangrik en daarom heg ons ‘n groot waarde aan betrokkenheid in die kampus.  Daar is verskeie geleenthede vir mense om betrokke te raak by bedieninge en daardeur ook te groei in jou verhouding met die Here en ook in jou verhouding met ander mense.