Ek is nuut

Welkom

Welkom by Doxa Deo Port Elizabeth.  Ons is 'n gemeente waar volwassenes, tieners en kinders met volle oorgawe ontdek wie God is en waaroor die lewe werklik gaan.

Feesdienste:
@ Framesby Hoërskool: 9:00 

@ Artuo (Richmondhill): 10:00 

@ Brymore: 18:00

 

 

Parkering:
Daar is genoegsame parkering op die terrein vir almal.

Kinders & Tieners:
Watter aanbiedinge en lesse is daar vir my kinders?

Tydens al die dienste word kinders op hul spesifieke vlak en behoefte bedien. Die registrasieproses is vir ons baie belangrik en jou kind se veiligheid is 'n prioriteit. Die personeel sal jou help om 'n kort inligtingsvorm te voltooi en jou begelei deur die hele proses.

Ons klasse vir kinders word as volg verdeel:

  • 2-3jr Peuters
  • 4-5jr Kleuters
  • Graad R-5
  • Graad 6-7

Wat om te verwag

Doxa Deo Port Elizabeth is 'n gemeente waar volwassenes, tieners en kinders met volle oorgawe ontdek wie God is en waaroor die lewe werklik gaan!

Skakel in

Hoe word ek ‘n vennoot van Doxa Deo Port Elizabeth?

Stap 1: Maak kontak

Vul ‘n praat-met-ons-kaartjie in tydens een van ons dienste en gee dit af agter in die ouditorium by infotoonbank
OF
Stuur ‘n e-pos met jou naam, kontak besonderhede en versoek na yolande.botha@doxadeo.org

Stap 2: Ons sal jou kontak

• ‘n Spanlid sal jou telefonies kontak
• Ons nooi jou na ons volgende Wie is Wie (Nuwe Lidmate) Inligtingsessie

Stap 3: Woon by

• Woon ons kwartaallikse Wie is Wie (Nuwe Lidmaat) Inligtingsessie by
• Vul die nodige informasie vir ons in; kyk en sê waar jy wil betrokke raak:

o Groeplewe
o Bedieninge
o Belange groepe

Jy is meer as welkom om enige tyd ons kantoor te kontak vir navrae en ook om betrokke te raak by aksies waarin jy belangstel.
Ons sien uit om jou deel te maak!

Kantoor: 041 360 8941