Doxa Deo Familie Droom

God self behoort tuis te voel in ons stede

In 1996 het God direk tot ons leierskap se harte gespreek  en Sy droom en spesiale plan vir stede onthul. Dit was toe wat God die Doxa Deo bediening met ‘n spesifieke roeping toevertrou het:

Om 12 stede te verander na plekke waar God regeer!

Die Woord wat ons ontvang het en wat die grondslag van die Doxa Deo bediening vorm, is Habakuk 2:14: “Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.”

Glory Of GodDie naam Doxa Deo is ‘n kombinasie van twee woorde uit verskillende tale. Doxa is die Griekse woord vir “Glorie” and Deo is the Latynse woord vir “God”. Saamgevoeg weerspieël hierdie woorde ons bediening se diepe begeerte om God se glorie soos ‘n golf oor ons stede te sien breek en hulle te verander in plekke waar Sy Koninkryk gevestig word. Ons stede behoort plekke te wees waar God self sou kon tuis voel. Die sleutel om stede te verander, lê egter by die inwoners van daardie stede. By Doxa Deo noem ons hierdie mense Stadshervormers.